Dadda..

En jare later soek ek jou nogsteeds

in gesigte op strate

in prente met abstrakte vorms

in musiek met vreemde frekwensies

in pille en vloeistof

in tye van stilte

in tye van geraas

en nêrens kry ek jou stem; jou gesig; Jou.

 

Die pyn raak erger.

Die tyd raak langer.

Die soek, meer.

Jou stem, dowwer.

Waar is jy?

 

Die ure verander in dae.

Die dae in maande.

Die maande in jare.

En steeds is jy weg.

Ek is okay.

Ek het geleer om te lewe met die pyn.

Dít te bêre in n boksie in my brein.

 

Die lewe gaan aan.

Mense gee nie om nie.

“Hoe gaan dit met jou?”

‘n betekenlose vraag.

‘n antwoord lose vraag.

Hoe gaan dit met my?

Iets wat ek self nie kan antwoord nie.

 

Jy is weg.

En ek is okay, maar…

Daar is steeds die pyn.

Jy lê êrens in ‘n boksie in my brein.

 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s